Welgemeend Concert Series

June 16, 2019
11:30 am
Welgemeend Straat, Tuine, Cape Town
Welgemeend Concert Series

J.S. Bach: Sonata for violincello and keyboard BWV 1027

Schubert: Arpeggione Sonata

Brahms: Sonata in e minor opus 38

 Click on this link to view the program.

 

Die Suid-Afrikaanse tjellis Jacques-Pierre Malan het aan die Universiteit van Pretoria studeer. Hy woon tans naby sy tweede Alma Mater, die Peabody Institute of Music in Baltimore in die VSA, waar ’n toeganklike netwerk tot sy beskiking is om as solis, kamermusikus, orkesspeler, toegewyde onderwyser en programbestuurder op te tree.

Sy loopbaan het ontplooi deur die verowering van verskeie kompetisies en beurse soos die Yale Gordan String Competition 2015 (Tweede Prys), Getting to Carnegie Hall 2016 (Tweede Prys), SAMRO-kompetisie 2012 (Verskeie pryse en beurse), ATKV 2009 (Eerste Prys), Lubner Competition 2008 (Eerste Prys), UNISA se musiekeksamenbeurse 2008 (Verskeie pryse) en die Stellenbosch International Chamber Music Festival Competition 2016 (Tweede Prys met die Kaapstadse Filharmoniese Orkes).

Pieter van Zyl het ’n BMus (US), MMus (NMMU) en Voordraerslisensiate in klavier van Unisa en die ABRSM. Hy het solo klavieruitvoerings in Suid-Afrika sowel as in Londen, Kalifornië en Atlanta gegee. Sy duo-uitvoerings met Matthew Reid (klarinet) by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees is met ’n KANNA-prys bekroon. Saam met Liesl Stoltz (fluit) het hy nuwe komposisies van Peter Klatzow, Braam du Toit en Paul Hanmer uitgevoer en opgeneem. ’n Persoonlike hoogtepunt in Pieter se musiekloopbaan is die vrystelling van sy debuut-CD, wat solo klaviermusiek van César Franck bevat.

Benewens musiek het Pieter ook ’n passie vir die teater. Nadat hy ’n drie jaar diploma-kursus aan die International School of Corporeal Mime in Londen voltooi het, was hy vir ’n verdere drie jaar lid van die teatergeselskap Theatre de l’Ange Fou. Pieter se eenmanvertoning The Woman with a baby on her back (Athol Fugard) is by die Fugard Fees (Richmond) met die Patrick Mynhardt-prys bekroon.

 

Volgende uitvoering / Next recital

Sondag 18 Augustus 2019, 11:00 vir 11:30:

Jeugkonsert/ Youth concert: Qden Blaauw (15, klavier), Jordan Brooks (15, viool), Gerhard Joubert (17, klavier). Werke van Bach, Beethoven, Schubert, Chopin, Schumann, Brahms, Ysaÿe, etc.

Share:
Copyright 2019 | All Rights Reserved | Designed by Marianne Flentge |